Skip to main content

Die Zoeloes

 

Die oorsprong van die Zoeloes

Waar het die Zoeloe-volk begin? Dit het verkeie jare gelede begin toe ‘n man, Malandela, sy vrou en hul twee seuns, Qwabe en Zoeloe hulself in ‘n klein dorpie gevestig het waar Malandela die hoofman bekom het. Na verskeie jare van saamleef het daar ‘n vreeslike haat tussen die twee broers ontwikkel. Qwabe was baie jaloers op sy broer, Zoeloe en het ‘n groot plan uitgewerk om sy eie broer te vermoor. Gelukkig het hul ma tot Zoeloe se redding gekom deur om vir hom weg te stuur. Nadat Zoeloe weggestuur was, het hy verskeie opvolgers gehad waar hy himself gevestig het – presies hoe die Zoeloe-volk begin het. Die Zoeloe-volk het baie mense in verskillende maniere beinvloed en bestaan selfs vandag nog sterk, alles te danke aan die seun van Malandela en Nozinja.




Die filosofie/ideologie van die Zoeloes

Anders as sommige ander kulture, word aanbidding by die Zoeloes nie as “godsdiens” beskou nie.  Die Zoeloes se oortuigings fokus grootendeels op hul voorvaders. Hulle glo ook so dat hulle al hulle leiding en hulp voorsien word deur hul voorvaders. Hierdie voorvaders kom dus voor in verskillende vorms – soos bv. drome en siekte.  Die Zoeloes kommunikeer slegs met die voorvaders wanneer daar ‘n spesiale geleentheid in een van hul mede-volk se lewens plaasvind. Die gepaste tyd vir hulle om kommunikasie te maak is tydens die geboorte van ‘n nuwe lid, wanneer van hulle lede trou, gedurende die puberteit van Zoele-seuns en wanneer een van hulle lede sterf. Daar is wel baie Zoeloe mense wat as Christene gedraai het as gevolg van kolonialisme. Alhoewel hulle gedraai het, het hulle steeds nie van hul Zoeloe oortuigings vergeet of dit te nagekom nie, omdat dit so ‘n groot deel van hulle lewe gevorm het. In plaas van om te vergeet daarvan, het hul ‘n mengsel gevorm van die Christen geloof en hul tradisionele Zoeloe oortuigings.







 





Die Zoeloes se onderwysstelsel

Die vermoë om te lees of skryf is al oor die jare baie skaars in die swart bevolking van Suid-Afrika. Gelukkig het die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel al oor die jare verbeter om te verseker dat swart Suid-Afrikaners nie benadeel sal word nie. Kinders was dus daardie jare slegs skool toe gestuur wanneer hulle ouers dit kan bekostig. Hulle was nie juis haastig om hul skoolloopbaan te voltooi nie, omdat dit nie soos vandag verpligtend was nie. Om skool te gaan en om ‘n kind groot te maak is soos siklusse onder die Zoeloe-volk. Ongeag of die ouers dit kon bekostig of nie, het hul alles gedoen wat moontlik was om te sorg dat hulle kinders die korrekte onderrig verkry en reg grootgemaak word. In ruil vir hulle ouers se harde werk om vir hulle onder swaar omstandighede groot te maak, het die Zoeloes geglo dat die kind eendag vir sy ouers moet sorg wanneer hul eendag werk en geld verdien – ongeag of hulle vir hul eie gesin ook sorg. Wanneer hierdie kinders eendag nie hierdie inruil doen vir hulle ouers nie, word daar dus respek vir hulle verloor,omdat die volk standvastig glo dat hierdie kinders vergeet waarvandaan hulle kom.




 

Hoe die Zoeloes oor tyd ontwikkel het

Oor verkeie jare het die Zoeloe-volk omtrent gegroei na die stigting van die volk. Dit is alles deur die opvolgers en hul nageslag. So het die Zoeloe-volk net verder gegroei, jaar-op-jaar van nageslag-tot-nageslag. Die Zoeloes bestaan steeds vandag en sorg steeds dat hul hele volk respek toon aan hulle koning en hulle oortuigings glo en uitleef.

Comments