Skip to main content

Die San

 Die oorsprong van die San

Die San is die oudste inwoners van Suider Afrika. Hulle woon reeds in die omgewing vir die minste 20 000 jaar. Die San is afstammelinge van vroeë steentydperk voorouers en is nie verwant aan die bantoe stamme nie. Hulle staan ook bekend as boesmans maar hierdie term word nie meer gebruik nie omdat dit gesien word as neerhalend omdat dit aan die San gegee was tydens hul stryd teen die koloniste. Daar is baie verskillende San groepe wat gevind kan word in Suid-Afrika, Namibië, Angola, Zambië, Zimbabwe en Botswana (Kruger National Park, 2022)

(Kruger National Park, 2022)


Die leefstyl van die San

Die San mense het oorspronklik gelewe as jagters en versamelaars in klein mobiele groepies. Seisoenale wild migrasies is een van die oorsake van die migrerende leefstyl. Hulle het in grotte, onder klipperige oorhange en in tydelike skuilings gewoon. Ten spyte van hul uitgebreide kennis van beide flora en fauna het hierdie mense nie met diere geboer of ontwikkel gewasse nie. 'n Velstrop, kombers en mantel bekend as 'n karos  is gebruik om voorrade soos vuurmaakhout, kleiner sakke, gereedskap en moontlik 'n kleiner weergawe van die karos te dra om 'n pasgebore baba te dra. Vroue was die hoof  versamelaars  en het vrugte, neute en wortels versamel. Terwyl die manne hoofsaaklik wildsbokke gejag het met gifpyle en spiese in daglange ekspedisies (Steven Robins, 2001)




Die ideologie/filosofie van die San

Die San het geen formele gesagsfiguur of hoof nie. Hulle maak staat op kollektiewe konsensus om hulself te regeer. Dispute word aangespreek deur lang besprekings waarin alle partye 'n geleentheid het om hulself uit te druk tot dat daar 'n ooreenkoms bereik is. As `n individue in sekere gebiede spesialiseer soos jag of genesing rituele kan daardie persoon tot leierskapposisies styg binne die spesifieke area maar hulle kan nie na posisies van algemene invloed of gesag styg nie (Kruger National Park, 2022).

Leierskap onder die San is gereserveer vir diegene wat al lank deel van die gemeenskap is en 'n eerbare ouderdom bereik het asook 'n goeie reputasie. Alhoewel daar mense is wat leierskap toon in sekere areas glo San mense steeds dat almal gelyk is en dieselfde geleenthede moet kry. Dus word grond word tip altyd  deur die groep besit en nie ʼn individu nie (Kruger National Park, 2022).

Politieke modelle is gebou op die fondament van verwantskap verhoudinge. Die ligging van 'n persoon bepaal of hulle 'n lid van 'n groep is of nie. 'n Individu behou sy lidmaatskap solank hy op die grond van sy stam woon. Dit is moontlik om te jag op grond wat nie deur die groep gehou word nie, alhoewel toestemming van die eienaars vereis word (Kruger National Park, 2022).

Die San gemeenskap glo in ʼn oppergesag van een groot godheid en ook erkenning aan die teenwoordigheid van gode in `n laer rang. Die geeste van die oorledenes word ook vereer. Die maan word ook deur sommige groepe vereer (Kruger National Park, 2022).



Die inheemse kennis van die San

Inheemse kennis verwys na 'n bepaalde etniese groep se tradisionele kennis (Vicky Dan, 2010). Die San gemeenskap se inheemse kennis sluit in kennis oor oorlewing, jag, plante en diere. Die San staan ook bekend vir hul gebruik van medisinale plante. Alhoewel baie bekend is met die San se gebruik van medisinale plante is daar baie min navorsing gedoen om die effektiwiteit daarvan te toets (Vicky Dan, 2010). Die kennis oor plante en al die ander areas waarin die San spesialiseer word oor gedra van geslag tot geslag.

Comments

Popular posts from this blog

Die Zoeloes

  Die oorsprong van die Zoeloes Waar het die Zoeloe-volk begin? Dit het verkeie jare gelede begin toe ‘n man, Malandela, sy vrou en hul twee seuns, Qwabe en Zoeloe hulself in ‘n klein dorpie gevestig het waar Malandela die hoofman bekom het. Na verskeie jare van saamleef het daar ‘n vreeslike haat tussen die twee broers ontwikkel. Qwabe was baie jaloers op sy broer, Zoeloe en het ‘n groot plan uitgewerk om sy eie broer te vermoor. Gelukkig het hul ma tot Zoeloe se redding gekom deur om vir hom weg te stuur. Nadat Zoeloe weggestuur was, het hy verskeie opvolgers gehad waar hy himself gevestig het – presies hoe die Zoeloe-volk begin het. Die Zoeloe-volk het baie mense in verskillende maniere beinvloed en bestaan selfs vandag nog sterk, alles te danke aan die seun van Malandela en Nozinja. Die filosofie/ideologie van die Zoeloes Anders as sommige ander kulture, word aanbidding by die Zoeloes nie as “godsdiens” beskou nie.  Die Zoeloes se oortuigings fokus grootendeels op hul voorv