Skip to main content

Die Xhosas

Die oorsprong van die Xhosas

Die Xhosas val onder die Nguni-volk van Suid-Afrika, wat verdeel is in noordelike, suidelike, Nguni en Ndebele groepe. Die Xhosas is die grootste stam-gemeenskap in Suidelike nguni-gemeenskap. Hulle was histories jagters, herders en bestaansboere. In 1650 het die Xhosas hulself gevestig in die Suiderlikeooste van Suid-Afrika, hul het toe in kontak gekom met die Khoi en San mense. Die taal word isiXhosa genoem, en nie net Xhosa nie.

 


Die filosofie/ideologie van die Xhosas 

Ideologie is waarin die groep glo, wie of wat hul aanbid, en wat hul waardes help vorm. In die Xhosas se geval, aanbid hul, hul voorvaders,sodat die voorvaders hul nageslag, oeste en diere kan beskerm. Hulle glo in Ubuntu, wat beteken menslikheid, hulle hanteer almal gelyk. Die Xhosas glo in inisiasies ook, dit is ‘n manier om die seuns in die volwasse lewe in te verwelkom.

 


Die Xhosas se onderwysstelsel

Die eerste skole wat vir Xhosas gestig was, was deur die sendelinge. Die getalle van mense wat kon lees en skryf het gedaal. Tydens die apartheids jare was daar baie swak onderwys vir hul, hul het geen onderwys ontvang of hul onderwysers of diegene wat bereid was om vir hul te leer, was onopgelei en het nie kwalifikasie gehad nie, maar vandag streef die onderwys departement om vir almal van die ouderdom 7 tot 17 vir gelyke onderwys geleenthede te gee.Tydens apartheid was die Xhosa kultuur nie in die skool kurrikulum ingesluit nie, maar vandag word daar geleer van hul geskiedenis en kultuur.



Comments

Popular posts from this blog

Die Zoeloes

  Die oorsprong van die Zoeloes Waar het die Zoeloe-volk begin? Dit het verkeie jare gelede begin toe ‘n man, Malandela, sy vrou en hul twee seuns, Qwabe en Zoeloe hulself in ‘n klein dorpie gevestig het waar Malandela die hoofman bekom het. Na verskeie jare van saamleef het daar ‘n vreeslike haat tussen die twee broers ontwikkel. Qwabe was baie jaloers op sy broer, Zoeloe en het ‘n groot plan uitgewerk om sy eie broer te vermoor. Gelukkig het hul ma tot Zoeloe se redding gekom deur om vir hom weg te stuur. Nadat Zoeloe weggestuur was, het hy verskeie opvolgers gehad waar hy himself gevestig het – presies hoe die Zoeloe-volk begin het. Die Zoeloe-volk het baie mense in verskillende maniere beinvloed en bestaan selfs vandag nog sterk, alles te danke aan die seun van Malandela en Nozinja. Die filosofie/ideologie van die Zoeloes Anders as sommige ander kulture, word aanbidding by die Zoeloes nie as “godsdiens” beskou nie.  Die Zoeloes se oortuigings fokus grootendeels op hul voorv