Jordan se," Ek glo dat hierdie kennis onvervangbaar is,
omdat dit steeds, ongeag die slegte, probeer het om die omstandighede van
inheemse mense te verbeter. Hierdie kennis kon wel besluit het om te keer dat
voordelige wette geimplementeer word, maar hulle het nie. Oor die jare het die
omstandighede waarin die Zoeloes geleef het ook verskriklik verbeter, omdat
hulle vandag dieselfde wette en regte wat ons het, kan geniet. Alhoewel hulle
in sekere aspekte steeds benadeel word, word ons almal vandag as ‘n eenheid
gesien en hulle word nie meer gesosialiseer as net “inheemse mense” nie. Hulle
kinders is welkom in sekere skole sonder sat hulle moet verander en hulle word
al hul mense word gelyk behandel. Dit is ook so ‘n positiewe aspek dat die
kennis uitgedien is, omdat hul nie juis moeite gemaak het om die omstandighede
van inheemse mense te verander nie. Hulle het so ook baie negatiewe gebeure tot
gevolg gehad en vandag gee baie Suid-Afrikaners nie meer om oor die ongelykheid
nie en behandel mekaar soos een."
Will-reece se, "Ek dink dat die kennis van die Xhosa Kultuur in vandag se lewe verbeter het teenoor hoe dit in die verlede was, maar ek dink dit kan steeds meer geimplementeer word - soos die taal, isiXhosa kan in skole vir almal aangeleer word. Die kennis is onvervangbaar omdat dit deel is van die geskiedenis, waaruit die wereld opgemaak is. Dit speel 'n rol in hoe dinge vandag is, al is dit nie altyd goed nie, kan ons steeds dankbaar wees want dit kon erger gewees het. Die Xhosa kultuur het ons geleer van Ubunthu en hoe om mense gelyk te behandel."
Jowheell se, "Ek voel dat die inheemse kennis van die San gemeenskap uitgedien is. Alhoewl daar aspekte van hul leefstyk is wat steeds positiewe bydra tot die samelewing kan lewer, voel ek dat hierdie gemeenskap daarin gevaal het om by te bly met die hedendaagse lewe. Kennis soos om te jag ensovoorts, is nie belangrik om te oorleef in die moderne lewe nie, dus voel ek dat die inheemse kennis uitgedien is."
Comments
Post a Comment